verdienstelikheid
hoe kan ek dit verdien
wat reeds voor betaal is
genade op genade
aangebied om te aanvaar.
werk ek onverpoos
sloof ek myself heeltyd af
maak ek ‘n merk waar ek gaan
hoe lyk my spore wat ek agterlaat
ding ek mee om die eer
verwag ek meer as wat ek gee
skuld lewe my iets besonders
is ek een van God se wonders
diep binne my lê eer
alle eer wat ek begeer
soos lae verdroogde leer
slegs wete dat my spikkel
geen skaduwee kan gooi
geen plekkie self verdien
slegs deel is van Sy plan
daarin lê verdienstelikheid
in Hom en deur Hom alleen
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.