Jongste aktiwiteit:

Waar my vrede fladder – Opdrag 1

Wanneer die sweepslae in my
soos simbale begin raas
en die leemte diep binne
sy koue asem oor my blaas,
vind ek langs stille waters
van ‘n kluisenaarsbestaan
vrede wat vreesloos fladder
om ‘n vergulde wintermaan
Aan die some van my drome
swaai boepens-wense saam
soos Jakobsbaai se branders
wat speel-speel kom en gaan
Eksentriek beslis ja
ek dalk net ń stomme gek
my hermiet paradys gewis
‘n stille sonskyn plek –
waar ek kan vry wees
sover my grense strek
vry soos wat die kettings lank is
waarmee ek my hart inperk




13 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed