GEDIGTE SKRYWER OPDRAG 1
GEDIGTE SKRYWER OPDRAG 1
Eleen van Deventer Vorster
gesogte gedigte en storieskrywer
gebore in die skone dorpie Nylstroom
van skooltyd af het sy al oor dit gedroom
haar missie gaan grawe sy diep en ver
in haar hart skyn sy soos ‘n ster
met skerp stories wat mense boei
pen sy haar ink wat oor papiere vloei
haar gedigte het haar lewe vervul
sit nou dadelik op jou bril
om te skryf oor digtersdrome
wat vloei soos suiwer waterstrome
I-N-K Skryf in Afrikaans
geleentheid bied ‘n nuwe kans
met ‘n welkom handdruk ferm styf
haar passie lirieke musiek te skryf
strelende note op die Radio Stasies
vir ons eie volk en boere nasies
dis wat ons almal graag wil hoor
luister na klanke in jou oor
©Eleen van Deventer Vorster
13/07/2018
10 Kommentare
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Callie Vermeulen
Pragtig neergepen Eleen.
-
Driekie
Baie mooi geskryf, Eleen.
-
Loretta Szikra
'n "Gedigte" skrywer voorwaar! Mooi gepen Eileen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Mooi gedoen Eleen