Selfportret van ‘n digter 2018 (Opdrag 1)
Twee okerpoele weerkaats
oor die verouderde beeld van ‘n vrou,
streel sag oor die silwersee van wysheid
en koester die fyn lagplootjies langs die oë
en bekyk Vadertyd se spore langs die mond
Oker sug… sak stadig op haar slenterspoor
en drentel oor die buitelyne van mens
en wonder of elke digteres haarself so ontleed
net so goed soos sy die natuur kan ontklee
eensaam word ons maat opsoek na die “Muse”
en die nanag word heilig met die geboorte
van elke vers wat gepen word en die nageboorte
soek lêplek tussen uile wat saam-saam roep…
dan voel ons soos adel oor die wonder van dig
twee okerpoele weerkaats,
skuil dan agter vingerkommetjies van hoop,
hoop vir lank lag, stadig lag, vir oulaas lag.
Oker, gee eerder jou lag vir die son
sodat hy vuurwarm kan brons
met dagbreek
5 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Pragtige gedig Cornien!
-
Driekie
Mooi geskryf. Pragtige metafore.
-
Loretta Szikra
Goeie werk Cornien!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie