GEVAARLIKE DING
GEVAARLIKE DING
om ‘n naam te skend
is n gevaarlike dom ding
as jy my naam wil skend
soos ‘n tent in die grond wil pen
soos ‘n pyl wat my hart deurboor
snaakse optree maak jou bitter goor
GOD het alles klaar gehoor
my gebede is ook verhoor
passop jy kan lelik gly
die tyd stap vinnig verby
ons sondes haal ons gou-gou in
wat jy nog spoedig vooruit gaan vind
wat jy vorentoe aan ander doen
gaan jy nog gou jouself verdoem
die lewe is so bitter kort
wat gaan nou van jou word
dra jy jou naam op ‘n dun glas bord
val al die gebreekte stukke op die grond
©Eleen van Deventer Vorster
11/07/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.