Jongste aktiwiteit:

Die eerste afskrif sonder Alfa Xerox

“grootsheid het gewelf geword, genade water” – Bibi Slippers

Bibi het ‘n biblioteek vol boeke
(meestal digbundels)
op instagram
hier maak sy miljuisende afskrifte
van al ses-en-twintig letters van die alfabet
waarmee het sy ons skrywersheelal herskep
tot ‘n songod sonder paperjams

skape laat haar hart sag kraak
(Skapie-mê. Skapie-mê. Só sê sy haar sê.)

maar weg kan sy nie skram
van al die klein vertalings
sonder voorskrifte
wat selfs begaafde digters
aan die diepste blou se mou laat klou.

© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed