Jongste aktiwiteit:

‘n Digter

Kom ons stap saam
op die pad van sy woorde
‘n Ode
verewig in ink en naam
‘n skilder van woorde
besielend
boeiend
‘n pleister vir menig siel

agter elke traan van wanhoop en pyn
in ‘n mensdom se lyding
vloei die ink van hoop
wat elke letter skilder
terwyl woorde
in die skerm van sy denke verskyn

agter elke glimlag in ‘n mensdom
se vreugde
verhelder die woorde
van ‘n digter
in Hemelse akkoorde

die pad van sy woorde
laat wanhoop in die oggendmis
verdwyn
die pad van sy woorde
laat vreugde in die oggendmis
skyn

‘n Digter
Laat klein stroompies kennis
vloei
tot dit ‘n rivier vorm

– Petrus JS Vermaak




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak