Jongste aktiwiteit:

Noodlot

Naamloos deurvleg jy
die aarde sonder keer
sorgeloos oor die vlaktes
tydloos murmureer

skaamteloos ontbreek
ñ glimlag want jy kom net
om te steel in die donkerste uur
geen vriend kan saam jou loop nie
want jy treur openlik

geheime uiter die skok
van dit wat geskryf staan
teen jou aanhangende uitdagings
jy is wreed en staan nie terug nie

selfs al huil die hemel

jou naam kan nie eers
oor lippe gevorm word nie
want die waarheid kan nie
saam jou leef nie

jy moor en vra geen vergifnis
want jy vernietig net
dit is jou eind doel
om dit wat eg is te verwoes

die hemel huil
en jy saai net verwoesting
oral waarheen jy gaan
kan jy dan nie sien
hoe huil die hemel nie?

Of huil jy dan saam…

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed