INLEIDING GEDIG
INLEIDING GEDIG
My naam is Eleen van Deventer Vorster my nooiens Van is Van Deventer.
Ek is gebore op die 24 Desember 1960 in ń klein dorpie met die naam van Nylstroom dit is in die Limpopo provinsie. Ek het in 1978 skool verlaat en na Pretoria verhuis nadat ek die skool verlaat.
Ek woon al sedert 1978 in Pretoria vir 40 jaar in die mooi Jakaranda Stad.
My passie en droom het al begin toe ek nog op skool was en altyd gedroom daarvan om my eie Digbundel te skryf. In die jaar 2017 het ek eers werklik begin gedigte en lirieke skryf. Op skool het ek dit gedoen vir die lekker daarvan en vandag is dit werklikheid
Ek het eers in die jaar 2011 besef ek het ń passie en gawe van God gekry om gedigte en lirieke teskryf. Ek het al my gedigte begin bymekaar maak stuk vir stuk en in ń boek geskryf en dit bewaar
My 1ste gedigte het begin op die 04 Februarie 2017
En my drome is vervul ek het aangesluit by SA Digters blad en my 1ste gedig het gewen in ń kompetisie
My 1ste Boek Simfonie van See is uitgereik en bekend stelling is op die datum die 10 Maart 2018 vrygestel
Ek het ook aangesluit by Anzé Bezuidenhout se blad INK Skryf in Afrikaans en al my Gedigte begin skryf vanaf 19 September 2017
My 1 gedig is voorgelees op die Radio Stasie West Coast deur Delene de Wet op Wind af program in Kaapprovinsie op 19 de Januarie 2018
My 1ste Lirieke Liedjie is amptelik geplaas op facebook op die 1 Junie 2018 Angel Music Studio Productions in die huidiglike Liedjie van die Jaar Kompetisie 2018 waarin ek deelneem.
Pendoring Digbundel volume 1 Digbundel Boek waarin ek 5 gedigte deel met ander digters
My eie gedigte program was uitgesaai op FM Radio Stasie deur Betsie Olivier waarin net my gedigte voorgelees was op 3 Julie 2018
Ek wil baie graag my passie en drome met die wêreld deel my Lirieke Liedjies en gedigte
©Eleen van Deventer Vorster
4 Kommentare
-

Elroux
Mooi gedoen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Caren Kearley
Kosbaar jy!