Jongste aktiwiteit:

DIE DELWER – Opdrag 1

DIE DELWER

om te soek deur gedagtes is iets wat hy ken
sy droom, om ‘n werk te skep van waarde
sy taal, sy kleim deur sy God afgepen
woorde en klanke wyd gesaai in die aarde

sy oor en sy tong gesinchroniseer
te soek en te soek na die beste steen
geduldig die gruis was vir die soveelste keer
tot sy oog skielik haak by die regte een

sy hart bonsend, dis ‘n knewel van ‘n klip
verwonderd as hy sien dis die perfekte kleur
so dankbaar dié blinke het hom nie ontglip
hy’t sy tyd nie verspeel of sy kans nie verbeur

ja ‘n digter is ‘n delwer en al is hy nie ‘n groentjie
soms is dit ‘n hengse gesukkel met ‘n aspris kanoentjie

© – Barbara Smit 11/07/2018




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed