Jou verdorde oewers
in die skarlaken
van jou versteekte woorde
wat jy in herhaling aan die
kruis kom hang
spyker jy jou eie
vernielde drome
in die donker storms
van jou lank terug se onthou
wat soos ‘n skamel lendedoek
om jou eensaamheid vou
staan jy dan soos ‘n geknakte riet
(deurtrek van bitter asyn)
probeer manmoedig –
maar tevergeefs nuwe wonde steek
en jy jou hande
in beplande bloedskottels week
‘wyl die brak rivier
oor jou verdorde oewers breek
en jy om genade smeek
huil die sirkel om die sekelmaan
in ‘n uitroep “laat tog nou gaan”
jou ware kleure het drie maal reeds
ge-eggo saam met die
gekraai van ‘n
vervloekte haan
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-

neels
jou werke slaan altyd my asem weg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
En so sal ons nooit van die verloëning ontslae raak nie. Baie raak beskrywing.