Jongste aktiwiteit:

Om Te Onthou

Om Te Onthou

So baie gedagtes en
so baie herinneringe is
onuitwisbaar vasgelê in
die brein se grys sement—
Tyd is glo die groot geneesheer
wat afstand bring, maar dis nooit
ver genoeg om te vergeet nie
want die brein is geoefen om
te onthou solank daar asem is—
Kon mens maar pynlike herinnerings
soos donsvere in ‘n sak druk en in die
stormwind uitskud om ver weg te waai
en nooit weer aan te dink nie—

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed