Jongste aktiwiteit:

Sy was Herfs gewees

Sy Was Herfs Gewees

Haar groot bruin hoed, met blare bedek.

Bruin, geel en oranje, met ‘n takkie wat uitsteek, amper soos ‘n veer.

Haar jas so lank, dit het gelyk asof sy sweef.

In die woud het sy gewoon. Sy was alles behalwe gewoon.

Jare het diep lyne oor haar gesig getrek, ‘n kaart wat baie van die lewe kon vertel.

Met skaamte in my sak en my hoed in my hand, vra ek haar oor al die herfsblare.

“My kind, soos elke seisoen iets bring, is herfs die een wat vat.

Hy bring die wind en neem saam dit wat reeds sy werk gedoen het.

Herfs is soos die dood. Hy kom haal ons almal, een of ander tyd.”

Jare later het ons haar in die herfs begrawe, onder die boom, tussen bont blare wat die grond stil toegegooi het.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed