bitter stroop
die vlam van gierigheid brand hoog
vuur spoeg uit honger oog
die wild gestol in vrees van wat kom
visier gestel om die donker te kloof
die aasvoël knip haar oog tevrede
waar sy op haar eiers sit
wetende vannag
is daar nog ‘n slagting
meer as een
skoot weerklink
hande word saam gevryf
asems jaag
in afwagting
baie praat
baie lag
een laaste sug
as die lem diep deur vlees en horing dryf
rooi soos bloed
rys die son
oor ‘n swart horison
aasvoëls in vlug
hangende aan elke tak
verkleur die lug tot swart
swart op swart
ritselende vlerke
wat die oggendstilte skeur
sirkelende roofvoëls
bring die seker wete
van nog ‘n nag
van nog doodslag
nog ‘n slag van verloor
almal staan magteloos
moedeloos en kyk
hoe die magtige renoster
roggelend onder ‘n lanferlap
in sy eie bloed beswyk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.