
doen goed
stadig verrys wit huise
verberg my duin uit sig
nuwe gesigte en aansigte
verskyn oornag elke week
gaan groet nuwe intrekkers
ons is mos boere mense
baie sê vriendelik dag
ander maar stug
doen goed aan ander
moet niks terug verwag
meeste sal eers bepaal
hoe hoog jou status is
soos ons horison verdwyn
in ondeursigtige wit huislyn
word gedagtes en drome gesif
deur altyd veranderende oog
doen goed ten spyte van
klowe van wantroue
wat lank reeds bestaan
wat boer en boer skei
doen goed – dit is jou plig
dit is jou plesier – elke dag
al sien jy nie wat jy vermag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.