Liefde vs Geld
Volkome het ek vir jou gelewe
My liefde het bankvas gestaan
Met oë bottoe na jou geslaan
het ek jóú bo God verhewe.
My verstand het my begewe –
jy was die kern van my bestaan;
vóór jou liefde vir my sou taan
was jou geluk boweal my strewe.
Maar gou was ek tot insig gedwing
toe jou liefde kwynend verstil;
liefde wat nimmer verganklik is –
toe God ons armoedig aarde toe bring
om die waarheid daaroor te onthul;
dat rykdom boweal belangik is…
Digvorm: Miltoniese Sonnet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.