Jongste aktiwiteit:

Die seeblom het ‘n turksvy geëet

As die maan haar kon toespin met spindrade
en ons om haar swerm
wie sóu die karwats bind om die son,
wie sóu die ou koeie bevel?

As die dorwe rooi karoo stil fluit
en ons om hom beknies
wie sóu die kaktusse trakteer,
wie sóu met ‘n droë tong taan?

As die groen veld plak
en ons om wei
wie sóu die vuurblom pluk,
wie sóu die heildrank sluk?

As die see sé branders tol
en ons mekaar opkatrol
wie sóu die seeblom hys,
wie sóu onder die kabeljou-kelder peins?

As die Seeblom mosselbanke beknor
en ons oë turksvye spoeg
wie sóu nie … wie sóu nie,
of hoe dan nie?
©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed