Ai ou Samantha
Ai, Ou Samantha
Niemand sou dit kon glo nie. Sy het kabaret gedoen en opera gesing.
Dogter van Patricia. Ma van Tallulah. Dit was haar laaste bietjie roem.
Met die jare het haar stem begin kwyn.Toe het sy troos onder in ‘n bottel begin soek.
Duur rokke en skoene het plek gemaak vir pantoffels en ‘n japon.
Eens sorgvuldig gegrimeer; nou lê die grimering soos gister nog op haar gesig.
Maar haar pienk net-hoed het sy steeds elke dag gedra.
Elke jaar het sy weer ‘n plan gemaak. ‘n Skatryk man het haar droom nog vir ‘n rukkie aan die lewe gehou.
Die wat haar verstaan het, het geweet dit was nooit net oor geld nie. Dit was oor ‘n droomlewe wat stadig vergaan het.
Geen mens weet waar Samantha vandag is, of sy nog leef nie.
Ná haar ma en haar dogter se dood, het Samantha se liggie in die dorp ook uit gedoof.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.