Ou Goue Gawie
Ou Goue Gawie
Sonder twyfel was hy geld se baas.
Net om seker te maak almal weet, was hy elke dag in goud geklee.
Elke haar netjies op sy plek. ‘n Sigaar tussen die vingers.
Sy blink motor was ook goud, al kon ou Gawie self nie bestuur nie.
Tussen die rykes was hy ‘n man na wie geluister is.
Vir die armes was hy die goue gans.
Daar, waar niemand sien nie, het hy bly voorsien.
Gawie het altyd helder gelag. Sy stem was sag. Sy hart nog groter.
‘n Klein bril op die neus, net groot genoeg om op sy sakhorlosie te kon lees.
Sou ‘n gesprek te veel oor roem en rykdom gaan, tik hy op sy sakhorlosie en sê:
“Tyd is baie, maar nooit laat nie. Kom, ons laat die kraaie gaap.”
Hy het self uit die onderdorp gekom.
Sy geheim van rykdom was eenvoudig: “Pas jou sente op.”
Sou sy vrou hom soms keer wanneer hy weer op ander wou spandeer, glimlag hy en sê:
“My liewe vrou, by daardie poorte kan geen geld vir jou ‘n ewige toekoms koop nie.”
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.