Verbaas-verward
wanneer die manne braai
en die voggies satire* saai
is ou Blink Hans voor in die koor
“Het jy hierdie een gehoor?”
“The food we eat in South Africa
does not come from farms
owned by white people.
It comes from Shoprite,
Pick ’n Pay, and Spar.”
is dít verbale sarkasme ?
of is dit bobbelijaan-nisme?
of dalk ’n onnosele neologisme?
is ek stupid of is ek dom?
waar dink hy Shoprite,
Pick ’n pay of Spar
se voedsel-bar
hul kos voorraad kry?
’n getoi-toi
met ’n haatspraak song
is al wat ek sien en hoor
van sy opgesweepte gehoor
help my dan reg
hoor ek reg
wys my die weg
verbaas-verward is ek
trotse Afrikaanse boer
Blink Hans in eie reg
met my lande vol kos
om ’n volk te voer …
—oooOooo—
© Pieter Mostert
* Satire is ’n digvorm waarin spot, ironie en humor gebruik word om mense, in die samelewing of instellings,(’n politikus in hierdie geval), se gebreke en tekortkominge krities uit te beeld.
bobbelijaan-nisme = ‘n Neologisme
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.