
Ontvlugting
Neem my op reis
na Normandië,
waar kobaltblou branders
breek oor wit strande.
Kom ons hardloop
deur rooi papawerlande;
waar heuwels hang
aan die Franse son.
Ons oes die geure
van die noorde;
vermy die stede!
En later swerf ons
tussen Vincent se stêrre
tot by Arles, in die suide.
Ons baljaar in weerbarstige
kleure van die aarde;
kuier by boere;
Voer mekaar groen olywe…
Klink ‘n laaste glasie Rosé.
En sing in triomf
soos Edith Piaf:
“Non je ne
regrette rien!”
2 Kommentare
-
Woordsmous
Nee, geen berou nie...ek sien weer Normandië lewend word voor my in jou woorde. Pragtig! Laat my terugverlang...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek