oewers van die gees
die oggend se vuur het vinnig uitgebrand
nou lê al my drome so kaal op die strand
berge staan stom in die grys middag-uur
my jeug is verby soos ’n vlugtende uur
spoke van duisterheid kom in die nag
hulle steel van my voete die ritme en krag
storms van ouderdom breek oor ‘n krans
en weg is die jare se vrolike dans
see rol sy golwe van gister se rou
’n diepte wat alles in skadu wil hou
tog spoel elke breekwater skoon oor sand
en bring ’n berusting van strand tot strand
berge staan stewig, die see het bedaar
en rykdom van jare word eindelik waar
die nag gee nou pad vir ’n silwerige lig
môre bring vrede en rus op my gesig
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.