Gil tot jy daarvan hou
Gil tot jy daarvan hou
Aan woorde moes ek al kou, fyn, keer op keer.
En dit nou alles oor iemand anders se opspringhumeur.
Bly eerder stil, hoor ons soveel keer.
Tog bly die hart geen klip. Hy kry ook seer.
Sou ander se duiwels hulle tot vloek en skel wil jaag, raak maar rustig voor dit jou ook dalk gaan jaag.
Ná die storm en wind, gaan staan daar waar jy vrede kan vind.
Trek dan los. Jou beste word dan verwag.
Gil dan tot jy daarvan hou.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.