Jongste aktiwiteit:

vir my hart

 

jou woorde

is soos konfetti

vir my verrimpelde hart

gestrooi in ongeërgde gebaar

waai dit koel oor my emosies

raak dit meganoreseptore

wat dit vertaal in reaksie

op reaksie van beheer

my ageusie in ag genome

bly die gereelde afsterf

van my reukreseptorneurone

ondergeskik aan my ingesteldheid

aan die doelbewuste reseptore

in my gedagtes wat filtreer

al wat positief kan wees

om my parestese

minstens vir vandag

op te flikker

 

Ó Tearlach.

parestese – Parestesie is die ervaring van spontane tintelende sensasies of gloede wat die gevolg kan wees van tydelike of permanente senuskade.

Reukreseptorneurone in die menslike neus verskil van ander neurone deurdat hulle op ’n gereelde grondslag doodgaan en hernu word.

Meganoreseptore skakel trillings om in elektriese senu-impulse in die binne-oor.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak