MY LEUNSTOEL SEPT PROJEK
MY LEUNSTOEL
Sag soos ’n leunstoel is jy vir my,
agtduim dik gestoffeer en
minstens ’n halfmeter diep.
Daarin sal ek dan kan wegsak
my moeë voete optrek…
op jou breë lening snoesig koester.
Op jou vrolike bontlenings sal ek rus
ek sal wegsak in jou warmte
en na ’n wyle uitgerus voort kan gaan…
Marthie Joubert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek