SOM DIE LEWE OP
Hoe sien ons die lewe ? Onregverdig met tye, maar tog is die lewe ‘n lied en jou uitkyk daarop die musiek.
Miskien is ek nostalgies en weier om te negatief teenoor die lewe te weesj of dalk glo ek day daar iets is om voor dankbaar te wees.
Ek glo aan die klein dingetjies van die lewe. Dit is wat vir my saakmaak.
Mens wag so dat daar belangrike dinge in jou lewe moet gebeur en Dan op ‘n dag besef jy die Klein goedjies was die groot dinge in jou lewe.
Dan besef mens die waarde van die lewe. Dit gaan oor groei en aanvaarding en om die beste van ‘n situasie te maak. Sekere goed kan mens net eenvoudig nie verander nie en moet jy dit aanvaar of jy gaan jou eie lewe hel maak.
Baie sal sê kom loop in my skoene dan wil ek sê ons almal het al ‘n paar skoene gedra wat hel was. Jou Hel verskil van myne en daarom moet ons ook meer liefdevol teenoor mekaar optree en simpatiek luister want so leer ons uit mekaar se lewenspaaie uit.
Aanvaarding is moeilik en ek glo nie aan tyd genees alle wonder nie, nee tyd leer jou om te aanvaar wat jy nie kan verander nie, aanvaarding maak die seer ligter dan kan jy met waardigheid jou herrinneringe koester.
@Loret Zwarts
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek