Vier (Brons)
een twee drie vier
kom ons speel n speletjie 01:00
kamma stom die brein is mos dom
tipiese manier
om gewetes weg te stuur
een twee drie vier
glas na glas met die uur
om dronk verdriet te val teen die muur
“Die tyd is naby.”
maar ego’s vermy
een twee drie vier
as jy gooi moet dit val
anders raak als meer mal
versigtig op eiers loop
om te keer vir die patroon in die loop
een twee drie vier
“Mamma, ek dink dis vuur!”
mors van tyd is duur
ek vrees vir die laaste uur
een twee drie
geen wedersydse gevoel
vir die geleentheid van postuum
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2024 – OOP projek