ghaap die goeie hoop
ligte mis gordyne heers
oor die baai vanoggend
die voëls is min gesteur
hul sweef en duik lustig
my duin ‘n oop venster
na die wêreld daar ver
oor horison blink ‘n lig
met ‘n sporadiese flits
agter my dreun lewe
bakkies wat bougoed
aan ry vir bou werke
luid lawaai ‘n werker
sirkelsaag en hamer
dakplate skuif rond
vragte sand druis af
dowwe plof van gruis
tussen alles deur stap
skilpad en fisante sag
ongesteur en so gerus
asof geen gevaar heers
terwyl my siel hoog lê
bo-oor duine gewaar
ek rooksuile op paaie
waar onrus kop wys
hoe lank nog klink dit
op die wysie van wind
hoe lank nog voor dit
ook ons baai gaan tref
dan rek ek die geheue
om net gisters te sien
waar daar beheer was
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.