Maria Magdalena (‘n Verplasing)
Mense ken my as ‘n hoer
en my suster dink ek’s mal.
“Sewe duiwels dans om my;
Here, ek het al weer geval.”
“Laat haar staan,” het Hy gesê,
“sy’t gekies om by My voete te lê.”
Hy het my opgetel en van vergifnis vertel.
My kruik het gekraak (soos my binneste)
en ek het vergeet om te vra
of hierdie sondaarshande
aan Iemand só heilig mag raak.
Die vlamme van my verlede
word met die reuk van nardusolie geblus
en ek vind rus met die kus van my hare
oor Sy gesalfde voete.
Sewe duiwels dans om my,
maar hulle wéét ek is nou vry.
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek
-
Viooltjie
Wow, puik gedig 😊
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Absolute stunning sterf skryfwerk hier Francois. Jy het jouself baie goed van jou taak gekwyt.