Jongste aktiwiteit:

Oukraalvreugde

Oukraalvreugde

Soggens vroeg ná ‘n koue aand stoom die grond sy laaste koue blaas.

Ou Blink Stefaans staan langs die groot klipdam. Só het Oupa die windpomp benoem.

Om die watersoeker lê duwweltjievlakte gesaai, geel blomme, tog so fraai.

Sou jy gaan vir ‘n kaalvoetstap in Duwweltjielaan, daar by die groot klipdam, sal jy groot manne behoorlik hoor kraai.

Dié wat al die storie ken, weet Blommetjie, die koei, sorg vir veldskoene in die kraal tussen duwweltjies.

Trap maar net in ‘n groot hoop mis en jy is moontlik van al die dorings gewis.

Saans, as die son gaan slaap, groet ons die dam en tweespoorpad.

Môre speel die kinders voort met hul kleilat, maar vir nou roep die Dover se rokie almal huiswaarts.

 

(C)Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed