Jongste aktiwiteit:

KOM RY SAAM MET MY

Asseblief tog toe
kom ry saam met my dan wys ek jou
die son se lag as hy opstaan in die oggend
en die mis se lafaard strepe
as hy wegsmelt voor die somer se oggendhitte

Ry saam met my dan wys ek jou
die oopvou van ‘n oggend blom
as hy die nag se las afskud
en homself droog krul in die oggendwind

Ry tog saam en kyk deur my menswees oë ruit
as gisteraand se natuur regbanke
‘n onbesliste uitspraak gee
en nog ‘n veldmuis met ‘n saadlob huiswaarts keer

Verskoon die klippe en die stof
ry gerus net saam
tot oor die vlakwater bruggie
waar ons op die damwal se lang gras stil kan rus

Kom ons volg die toegegroeide spore
met my lewens huurmotor
en kom ons lag kommerloos
as dassies astrant hul pelsjas plooie vir die son ontbloot

Ag toe asseblief
kom ry ‘n bietjie saam met my
dan wys jou die son se glimlag
as hy agter kapok berge wakker word

Kom ons ry weer deur gister se lekkerkry paaie
kom ons ry na waar ‘n droom dag wag
lewenslus se oog in die heuwels lê
en ons vergeet van nie meer lag

…ag toe asseblief




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed