Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: LOUIE SE PSALM

Deur Louie
Datum gepubliseer: 8 Oktober 2016 Aantal woorde: 135 1268 Kere gelees 9

Ek kyk na die swaeltjies
kommerloos in vlug
en hoor God se Woorde
Ek maak jou vry

Ek kyk na die os
sien sy juk
en hoor God se Woorde
My juk is lig

Ek kyk na die miere
geen sweep dryf hul arbeid
en hoor God se Woorde
die oes in die lande is groot

Ek kyk na die berge, hul majesteit
en hoor God se Woorde
net ‘n mosterdsaad geloof is nodig
om hulle te verskuif

Ek sien die storms om my woed
en hoor God se Woorde
kyk waar bou die bouers
want Ek is die Rots

Ek lees deur die Bybel
en sien die Kruis
ek sien genade
ek sien ‘n keuse in die lewenspad se vurk
en ek sien my Jesus
wat by my nuwe woning
met ‘n glimlag wag




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Kiekies

    11 Oktober 2016

    Luide en staande applous!!!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 101
Kommentaar telling: 105

Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en dogter Katelyn. Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 279 gaste aanlyn

Bydraes – Argief