ONRUSTIG
ONRUSTIG
Ek kry nie my lê nie
rol rond, rol rond
van Fowler’s tot flowers
van asemnood tot grond
my idee van ‘n uitsiglose bestaan
’n kommerplant laat oprank in my wese
belaai met vrese
oor die permanensie van vergaan
wat alles afhang van vrye keuse
gebaseer op feite – volgens my, bewese.
Ek kry nie my lê nie
rol rond, rol rond…
Onseker. Ontsteld.
Ek voel siek.
©️Charlene Jordaan Kotzé (Junie 2023)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek