Lewe se paaie
’n Eensame snelweg
’n kronkel-kronkel holderstebolder pad
’n uitgekerfde sinkplaat grondpad
’n onbekende lewenspad reis
soms stap
soms hardloop
soms staan
soms luier hierdie reiswa
lag hard lag lekker
snot en trane ’n treurigheid op note
vry vroetel vergewe
terwyl winde droewiglik alleen loeier
sneeu gloei wit in die winterkou
wyl herfs kleure baldadig oop bars
lente spog ’n blomme skouspel
somer reisdeken styf teen hemelruim gewikkel
lewenspaaie het gevind
vandag is ons nog hier
môre …
proe die paaie se skakerings van skaterlag kleure
©Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.