Verledestraat huis 201
Verledestraat, Huis 201
‘n Harde klop aan my deur. Verledestraat, Huis 201.
Ek maak oop. Daar staan die oom.
Ek sien,soos ‘n blinde, ‘n miljoen gesigte in een.
Sy reuk…was bont.
“Kom in,” sê ek. Hy skud sy kop.
“Nee.
Hier woon nogal baie mense in jou straat.”
“Ja,” antwoord ek.
Hy glimlag.
“Nee. Dis net ons twee. Die res is spoke.
Dié wat gister dood is, kan vandag nie weer leef nie. Hulle is weg.
Net jy woon nog daar.”
Ek staan stom. Kyk weer rond.
Alles om my is gister. En sy woorde maak sin.
Soos die gewete wat stilweg by my kom aanklop.
“Jy spaar vir môre, maar almal leef lankal in nou. Net jy boer nog met berou.
Al wat kort, is jy. Los jou tas… en kom eerder saam.”
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.