Young die visserman
Young die Visserman
Uit China het hy ‘n lewe hier in Afrika kom bou.
Anders as baie, het hy nie ‘n winkel vol van alles oopgemaak nie.
Gebroke Engels, en selfs ‘n bietjie Afrikaans, gesels hy stilweg met dié wat hy verkies.
Sou jy hom vra waarom Afrika, antwoord hy: “Hier is iets anders as oral anders.
Hier is lewe waar stilte heers.”
Teen die mond van die meer staan sy huisie.
Geld, kan jy sien,bly nie daar nie.
Uit byna niks maak hy vir hom ‘n visnet.
Sy brood verdien hy met klein, gedroogde vissies.
Gou het ek by hom geleer: Lelik kan veilig wees. Selfs die gevaarlikste hond kan lojaal wees.
Hierdie hond is sy lewe— nooit sy ete nie.
Uit sy hande het ek geleer hoe om ‘n net te vleg.
Uit sy mond het ek wysheid geleer.
Hierdie man het die dorp verbaas oor hoe hy vis kon vang sonder aas.
Sou jy net ‘n rukkie langs Young sit, leer jy dat stilte ook iets kan sê.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.