As Pa net kon sien
Pappa as jy ons net kon sien
eintlik weet ek dat Pa dit nie sou verdien
ek dink ek weet wat Pappa sou sê
dit wat aangaan is beslis nie hoe jy dit wou hê
Al die goeie ou dae is lank reeds verby
die een of ander bly mekaar bewustelik vermy
goeie genade wanneer hou dit dan op
ek skreeu in my binneste kan dit asseblief tog net stop
Ons is nie net kennise wel saamgevoeg in bloed
maar afguns en haat is wat in ons woed
Pappa kan jy sien wat met ons gebeur
die een helfde gaan voort terwyl die ander treur
Dit breek Mamma se hart sy sit in die middel
eintlik wil sy net die liefde tussen ons verdubbel
niemand luister na goeie raad
want neé ons is mos kwaad
My grootste wens is dat Pappa weet
die liefde wat jy my geleer het sal ek nooit vergeet
ons probeer regtig hard om die vrede te bewaar
as Pa net kon sien hoe behandel ons mekaar
©Ans van Rensburg
18/08/2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.