Here hou my vas
Here hou my vas
Here hou my asseblief stywer vas
my voete voel effens wankelend en onvas
hierdie mensekind se hart is geweldig moeg en bedroef
ek wil veel langer by my geliefdes vertoef
Die lastige duiwel probeer my laat twyfel
met God aan my kant geen rede om te weifel
Here U het my telkemale gered en vertroos
ek het U weer nodig ek voel oorweldig en broos
Siektes van alle rigtings kruip weer nader
U alleen is my geneesheer Vader
die duiwel sal geen sukses behaal
dit is net U wat my lewensweg bepaal
Ek glo aan die Seun van God en die Heilige Gees
Vader ek smeek dat U my volkome genees
ek weet nie wat die dag van more vir my inhou
maar ek weet dat God my sal vashou
©Ans van Rensburg
24/10/2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.