
op die rug van ‘n tydlose swerwer
op die rug van ‘n tydlose swerwer
bo my spoel helder maanlig
oor ‘n donkergrys *swerwer
helder silwerskyn
van sy vormlose buitelyn
lig my van die grond af
sit my op hom neer
ongestoord, ongehinderd
sweef ons voort
al vinniger
tot die °vinnigste
onder my vanaf ronde horisonne
blits skitterende ligseine
sterk vloeiende neonkleur-riviere
in wit, goud, blou en rooi
voor my word alles
^gefokusrek na die punt
wat lei na die oorsprong
wat lei na die Bron
©VonVillon
*’n wolk
°die spoed van lig
^alle materie raak elasties en trek, in reguit lyne, na dieselfde punt toe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.