Jongste aktiwiteit:

Wie sê…

Wie sê liefde kan nie ñ sprokie wees
die tipe liefde waarvan ons in boeke lees
wie sê liefde kan nie perfek wees in elke opsig
ek wens verlief wees was verplig

Liefde voorwaar een van die grootste geskenke
los liewers die ongegronde bedenkinge
liefde sien die beste in jou raak
laat alles in die lewe lekkerder smaak

Gooi al die reëls uit by die deur
laat gaan en laat dit spontaan gebeur
laat die wonders van liefde jou lei
hoog bo sterre en die wolke verby

©Ans van Rensburg
2/11/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed