Jongste aktiwiteit:

as


uit die as van my verlede
rys daar vurige oorlogswolke
suile van hoogte punte
en laagte punte
tye van swaarkry
tye van vreugde en lag
tye waarin my hede bepaal is

sal my kinders se toekoms
ook wolke van hul verlede vertoon
suile van hoogte punte
en laagte punte
tye van swaarkry
tye van vreugde en lag
tye waarna hul sal kan verwys

as alles goed gaan
kan ek mens, nog ‘n paar jaar leef
mens se lewens verwagting word meer
soos die mediese wetenskap ontwikkel
soos my geloof in die ware Vader groei
so sal ek dalk steeds kan terug kyk
uit die asse van vandag

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed