Gatsrand #silwer
Gatsrand
Ag moet nou nie maak asof jy nie
van Gatsrand af kom nie,
niks van niemand weet nie.
Daar waar die goue steentjies wegkruip
giggel geel graan golf oor Gatsrand
en berge en dale kartel soos plooie.
Gatsrand kry sy lêplek teen die Witwatersrand
suidwes van die Goudstad
waar boere en myners hand aan hand leef.
Maar as ek jou stuur na Gatsrand
stuur ek jou ver, doer na die boendoes
waar die riwwe rol deur die gate.
Christa Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.