Jongste aktiwiteit:

Honger is die Beste Kok

Honger is die Beste Kok

Rooi Wilhelmina was lief vir haar kombuis. Nou nie juis omdat sy dit wou hê nie, maar omdat dit deel was van die huis.

Sy staan ure voor die stoof. En binne vyf minute is daar nie eens ‘ krummel oor.

‘n Strik in die hare. ‘n Voorskoot om die lyf. Sy roer die potte dat hulle amper dans.

‘n Handvol sout oor die kos. Die res gooi sy oor haar skouer om die spoke weg te hou.

Sy is so maer soos ‘n kraai. Want wanneer dit eettyd is, is sy ook al klaar.

Met ‘n glasie wyn kook sy graag. As die wyn klaar is, is die kos ook gaar.

Soms nog rou. Soms heeltemal verbrou.

Maar selfs houtskool proe lekker as die wyn goed was.

Sy proe nooit aan haar eie kos nie. Sy glo dit verander die wyn se smaak.

Gelukkig vir ou Rooi Wilhelmina is honger die beste kok.

Al kook die wyn beter as Ma, het almal geweet haar hart was altyd in die pot.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed