
klanke in die wind
–
deur branders se geluide
klink stemme helder op
spreek van onrustige tye
sleur woorde wat refrein
van die daaglikse gebeure
–
oor sosiale media weerklink
stemme van vals boodskappe
opruiende gedagtes wat wek
oorvol brein patrone verder
verwar en tot uiterste rek
–
suid-ooster waai met geweld
bring Antarktiese ysige koue
wat skroeiend verswart verf
oor wingerde en gesaaides
soos doods tyding versprei
–
vir baie mense bly stemme
slegs klanke wat verby gaan
opsetlike filter verberg kwaad
ongenaakbare werklikheid stig
onwillekeurig maar sy kwaad
–
stemme te hoor of nie te hoor
is die ware kuns van vandag
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.