ontsnapping (SILWER)
ontsnapping
uit die kil koue kloue wil ek ontsnap
sommer so – voor jy jou vingers klap
is ek die krulkopkindjie klein en rein
wat indruis teen wrede wêreldgrein
ek is ʼn vreeslose vlinder fyn
wat fladderend my lig laat skyn
ek versamel veldblomme mooi
deur die Vaderhand getooi
ek dartelvoet deur die dae vry
in die natuur se tuin sal jy my kry
so ontsnap ek nou die kil kloue
van die wêreld se harde houe
©Marlene Erasmus
01/08/2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek