Jongste aktiwiteit:

Soos mis voor die wolke

‘n jarelange vriendskap
en eensklaps is alles stil
wanneer weet ons nie
gerigte is hul het jou opgeneem
in die ICU is jy nou al vir twee weke
geen oproep, geen terugkom
soos nuut net weer verdwyn

vriendin jy is in my hart
dit lê erg swaar hier binne
waar dit saak maak
gereeld het ons kom kuier
jou lag altyd so klokhelder
met jou blink glasie drankie
altyd vol ysdruppels teen die kant

ons sien jou met jou glinster oë
die laaste keer het ons almal saam
op jou bed gelê en TV kyk
na een preek boodskap
van een of ander pastoor
ons het saam gehuil en gelag
Bellatjie het haar draai kom maak

gesien hier gaan sy nie hoort
jou hart was stukkend
tog het jy probeer om mens te wees
jou trane geloop sonder ophou
deur jou glimlag tog yskoue gedagtes
asof daar ‘n sluier oor jou oë was
en niemand deur kon dring

ek onthou jou drukkie daardie aand
styf en met soveel deernis in jou
die dood het van jou kom wegvat
jou geliefde Johan… jou hart stukkend
en soos mis voor die wolke
word jy opgeraap met geen woord
jou foon het stil geword

oproepe is nie geantwoord nie
nie eers een ligstrepie wat deurkom nie
die anderkant het stil geword
waar is dit waar jy jou bevind
Here gee ons krag want ons weet nie
Bellatjie wag stoksiel alleen
en ons staan verward

vandag brand my siel
bekommerd ja beslis
want ons dae is nie meer ons eie
mense word siek verdwyn uit niet
sonder woord, sonder drukkie
‘n geliefde oorgelaat aan haar self
‘n onafgeronde afskeidsgroet

bring verwoeste trane diep seer
Here wees ons asseblief genadig
die einde vir baie so onpersoonlik
veg ons almal voort vir net ‘n bestaan
hartkloppe word stil weggebêre
uit niet Here is dit ons almal se lot
op ons eie is ons tot U aangewese.

Kopiereg voorbehou
Louisa Van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed