
stem
–
uit die duister nag
breek die stem soos ligstrale
eers vaag en geel oor die baai
dan onmiskenbaar helder wit
met die mirakel van kleure
om die ronde spierwit son
soos my hart soek na Lig
so herken my siel ook
Meester se stem
tussen al die
vals musiek
van dooie
woorde
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.