Mamma
Ek weet mamma sal vir my kaalvoet loop oor die drakensberg
en tot die bitter einde toe vir my veg.
Mamma sal tot laat in die aand by my sit
en mamma se knieë vir my stukkend bid.
Ma het my geleer
hoe om die lewe te trotseer
en as ek hartseer is, is mamma altyd daar om my in liefde toe te vou
en regop en staande in die lewe te hou.
Mamma is my anker en my vaste rots
en ek sê dit graag met trots.
God het my geseën
want Hy het geweet mamma is die een
wat my deur die lewe sal dra
toe gee Hy mamma vir my as ma …
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.