sneeu trek oor st helenabaai
–
onder wolk bedekte hemel
suis daar koue winde
alles moet buig daarvoor
blare en takkies vries
swaar word die wit drag
van sneeu wat dit buig
oop water dein onrustig
wit toppe wat versplinter
jaag die brander-perdjies
in skuimende vreugde
oor die strand uit
ver in die oosterlig
blink die sneeu wit
blou berge wat glimmer
in oggend son se strale
tussen duine en wit huise
wemel warm jasse en musse
soos miere wat werskaf
wat kos probeer opgaar
net die meeue sweef hoog
bespreek hierdie koue front
met skor stemme in die wind
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.