Augustus wind
Ons kyk met afwagting
hoe die Augustusmaand-wind
homself ontvou
en hoop bring
terwyl die lente
nader kruip
om lewe te bring
aan die dooie aarde,
maar eers moet
die laaste blaar
deur die wind
op geskep word
en sagkuns
op die blare-bers
neer gelê word.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek